Koos Coertze – T-12 L1 Parapleeg

Koos Coertze – T-12 L1 Parapleeg:
Op 6 Desember 2009 het ek n oproep otvang van Lynn Retief en Zelda Norden , toe vra hulle my vir n brief om te vertel wat met my gebeur het , en hoe dit my lewe verander het. Ons was sewe studente wat gekies was om te gaan vir scuba duik opleiding.
In die begin het ek gedink dat dit onmoonlik sou wees vir n persoon met n gebrek om te kan duik. Dit was n’ nuwe uitdaging vir my gewees wat ek met byde hande wou aanpak en vir die mense daar buite n’ punt bewys om nie teen ‘n persoon se gebrek was te kyk nie. Na die eeste dag se oefening in die water het ek besef dat ek nog steeds vrylik kan rond beweeg . Ek het baie vriende verloor na my ongeluk , nou het ek nuwe vriende ontmoet wat nie teen my gebrek vas kyk nie, hulle sien my vir die persoon wat ek is.
Ek het elke dag seer in my bene as gevolg van my ongeluk , maar die tien dae wat ek saam my nuwe vriende gespandeer het, het alles verander. Ek het gevoel ek kan weer lewe.
Ek wil net vir die mense daar buite se moet nooit terug kyk in die lewe as daar iets met jou gebeur het nie. Leef jou lewe voluit want jy kan dalk nie weer daai 2de kans kry nie. Ek het daai 2de kans gekry en daarom pak ek elke uitdaging tenvolle aan en die feit dat ek verlam is in my onder lyf, hou dit my nie terug nie. Dankie vir die mense wat die geleentheid vir ons geskep het om ons self te vind, ek glo dit het ons almal se lewens verander en nie net die mense wat opleiding gekry het nie maar vir die instrukteure ook